Ons bediening aan die jeug konsentreer op die kategese. Dit word Sondae aangebied. Kinders van voorskool tot graad 3 kom erediens toe, maar tydens die erediens beweeg hulle na ‘n ander lokaal waar kategese/kleuter/kinderkerk aan hulle gebied word. Die graad 4 – 11’s word weer na die erediens bedien. Ons gebruik die NG kerk se eie materiaal – wat ‘n baie kinder/jeugvriendelike en getroue Bybelse reeks is.
Verder word daar op Vrydagaande ‘n ontspanningsgeleentheid vir skoolgaande jongmense gereël.
Daar word ook elke tweede Sondagaand (na die aanddiens) ‘n bymekaarkom- geleentheid vir die tieners gereël. Hulle kuier saam, maar daar word terselfdertyd met hulle gesels oor een of ander onderwerp waaroor hulle kan dink/praat/debateer.
‘n Kleingroep vir die jong werkende/studerende mense (20-somethings) is ook aan die gang.
Vir navrae kontak die jeugleier: Maryke Els by sel 083 302 8299 of die kerkkantoor by tel: 041 373 4419