Danie Mouton berig soos volg in Grens.Pos van 12 Maart 2020.
Tydens verlede week se ASM (Algemene
Sinodale Moderamen) het die vergadering verder aandag gegee aan die sentrale
fokus wat dit vir die volgende termyn van vier jaar vir die NG Kerk
geïdentifiseer het. Die fokus is gebore uit bewegings wat in ons kerk
waargeneem word:
– Ontwikkel en mobiliseer
bemagtigende leiers,
– wat ruimtes en platforms skep vir
versoenende luister en gesprek oor verhale van hoop en vernuwing,
– en wat geloofsgemeenskappe vorm
waar mense van verskillende kulture en tale ingesluit word, en
– strukture gebruik en waar nodig
omvorm tot gesinkroniseerde, ekumenies geïntegreerde netwerke, wat
geïntegreerde samewerking in die NG Kerk en ook na buite bewerkstellig.
Die ASM neem ‘n
dinamiese proses in die Kerk waar waarvolgens ons nie langer tel hoeveel mense
byeenkomste bywoon nie, maar waarin ons vra hoeveel leiers en ander lidmate
saam met God in die gemeenskap betrokke is deur diens, versoening en
samewerking oor alle moontlike grense.
Dit is goed om die kort
scenario-dokument in sy huidige gedaante deur te lees. Dit is ‘n proses in
wording.