Aktuele leesstof

Klik op die item om te lees

  1. Gebedsaangeleenthede

        40-Dae-Gebedsgids-Versoening

        Die-krag-van-gebed-sewe-Psalms-vir-Pinkster

2.  Prof Dirkie Smit oor verskille in lees van dieselfde Bybel
Prof Dirkie Smit op Sondagaand 7 Februarie by Durbanville gesels oor hoe dit gebeur dat gelowiges dieselfde Bybel lees en tot verskillende gevolgtrekkings kom.
Hy haal vir Calvyn aan, wat aan die begin van sy groot werk, die Institusie (1559-uitgawe), geloof as faciem Dei contemplari beskryf – “Geloof is om elke dag oor die aangesig van God na te dink.”
Sy argument in daardie paragrawe is om te sê dat selfkennis geweldig belangrik is, en dat ons nie God waarlik kan ken sonder om onsself ook te ken nie (want Godskennis is nie objektiewe, teoretiese boekkennis nie, maar persoonlike, eksistensiële kennis van Gods liefde, genade en trou jeens ons), maar dat ons omgekeerd ook nooit onsself (en die dieptes van ons eie nood) goed sal ken as ons nie eers die genadige gesig van God in Christus gesien en geleer bedink het nie.
Hoe meer ons dié ontfermende gelaat van God in Christus bedink, bepeins en ons daaroor leer verwonder, hoe meer sal ons ook onsself gespieël sien in daardie gesig – met die wonde van ons eie bestaan en met die heerlikheid en grootsheid daarvan om voorwerpe van Gods ewige liefde te wees.

Prof Dirkie Smit se boodskap

u kan ook na die boodskap op You Tube kyk

Boodskap ook in Power Point. Klik op die Hoe Gereformeerdes die Byblel lees en verstaan.

Hoe Gereformeerdes die Bybel lees en verstaan

3. Menswaardigheid en Rassisme

Kruisgewys 2008_3 ( Alles oor rassisme)

Kruisgewys-Maart-2013  ( Menswaardigheid)

4. ACTA

5. Arnau van Wyngaardt het ‘n uitsonderlike Bybelstudie van David Bosch elektronies beslikbaar gestel. Die moeite werd! Lees dit hier. Klik op Lukas-Handelinge

Lukas-Handelinge – David J Bosch

6. Twee gratis werkboeke: “In Pas met die lewende God” en “Egte gesprek”

Twee bruikbare en gratis publikasies het by die Algemene Sinode verskyn. Beide is nog in ‘n toetsfase, met kommentaar oor die bruikbaarheid wat verwelkom word.

Die eerste is: In Pas met die lewende God – ritmes en gewoontes vir roepingsgetroue gemeentes.  Hier is ‘n oorvloed praktyke, ritmes en gewoontes waarvan gemeentes kan kies om te groei in roepingsgetrouheid. Dit is ‘n reis wat gemeentes ook saam kan onderneem.

Tweedens het Egte Gesprek, ‘n raamwerk vir etiese onderskeiding in gemeentes verskyn. Die publikasie is bedoel vir praktiese gebruik in gemeentes. Dit is gerangskik in ‘n siklus van vyf bewegings wat ons help in die ontdek van God se wil.

Klik op die name van die publikasies om te lees.

Egte-Gesprek

In-pas